Suné & Wessel

13 Maart 2027  ·  Simplicity Wedding Venue

Met groot vreugde nooi ons jou uit


om saam met ons die liefde, die lewe en ons nuwe begin te vier

Tot ons groot dag

-- Dae
-- Ure
-- Min
-- Sekondes
Hoed en drankie
Suné en Wessel by die swembad

Hoe dit alles begin het

Waar twee harte tuis gekom het


As liefde 'n plek was, sou dit soos 'n laatmiddag tussen die berge gevoel het, stil, warm en sonder enige rede om ooit weer huis toe te wil gaan.

In jou het ek rus gevind, avontuur ontdek en wonder beleef, en vir die eerste keer 'n môre gesien wat groter was as enigiets wat ek self kon droom.

Jy het huis geword.

Nie 'n plek nie, net 'n gevoel. Die een waarna my hart nog altyd op pad was.

Wessel
Simplicity Wedding Venue

Alles wat jy moet weet

Ons mooistedag


Datum

Saterdag 13 Maart 2027

Seremonie begin om 15:00
Onthaal & aandete daarna

Lokaal

Simplicity Wedding Venue

Roodeplaat, Gauteng

Praktiese besonderhede

Vrae &
Antwoorde

Ons sal dit baie waardeer indien julle teen 18 Januarie 2027 kan RSVP.

Nie seker of jy 'n metgesel mag saambring nie? Jou uitnodiging hou die geheim.

Al is ons ongelooflik lief vir julle kleingoed, sal ons hierdie dag slegs saam met ons volwasse gaste vier. Dankie dat julle verstaan.

Formeel

Dink aan ‘n goue sonsondergang laatmiddag tussen die berge.

Pinterest Inspirasiebord

Die Dames se Inspirasie

Ons Pinterest-bord is bloot inspirasie, trek aan soos nét jy kan.

pin.it/7v0tHNZ9K

Die Here se Inspirasie

Ons vra vriendelik dat mansgaste espresso-bruintone vermy, aangesien die kleur vir die bruidegom gereserveer is.

Ons sien uit na 'n warm somersdag. Ons moedig ons mansgaste daarom aan om ligte, asemende materiale te kies wat styl én gemak deur die dag sal verseker.

pin.it/3aR5GutOS

Absoluut! Daar sal ook 'n QR-kode beskikbaar wees waar julle al die foto's en spesiale herinneringe van die dag met ons kan deel.

Ons kan nie wag om ons troudag deur julle oë te beleef nie.

Neem hope foto's, wees spontaan, lag hard en geniet elke oomblik saam met ons.

Kontak gerus vir Suné by 071 676 4584.

(Wessel gaan jou in elk geval weer na haar toe verwys.)

Julle teenwoordigheid is werklik die grootste geskenk wat ons kan ontvang.

Indien julle graag iets ekstra wil gee, sal 'n bydrae tot ons wittebroodfonds baie waardeer word.

Saam vir altyd

Suné en Wessel by die venster
Rus
Suné en Wessel by die deur
Avontuur
Suné en Wessel by sonsondergang
Wonder

Geskenke

Wittebroodfonds

Julle teenwoordigheid is werklik die grootste geskenk wat ons kan ontvang. Indien julle graag iets ekstra wil gee, sal 'n bydrae tot ons wittebroodfonds baie waardeer word.

Oornag opsies

Verblyf
naby die venue

Op die Venue
Simplicity Wedding Venue bied beperkte akkommodasie op die perseel aan.
Besonderhede volg binnekort.
Op terrein
Kievits Kroon
Kievits Kroon Country Estate
±5 minute van die venue
Sable Hills Waterfront Lodge
Sable Hills Waterfront Lodge
±5 minute van die venue
The Blades Boutique Hotel
The Blades Boutique Hotel
±15 minute van die venue
Castle Walk Estate
Castle Walk Country Hotel
±20 minute van die venue
Premier Hotel Roodevalley
Premier Hotel Roodevalley
±25 minute van die venue

Bevestig jou bywoning

Laat weet
ons

Ons het gekies vir 'n klein, intieme viering.
Bevestig asseblief jou bywoning teen 18 Januarie 2027.

Dankie! 🡸

Ons het jou RSVP ontvang.
Ons sien uit na die groot dag saam met jou.